21.12.2011 ‘n Tyd van die jaar om te glimlag!
“AS dit Vrydag word, is Tiekie die hond gereed om plaas toe te ry,” skryf Sidney Martin tong in die kies. “As ons eers op die grondpad kom, bestuur Tiekie self en kan nie wag op die plaas te kom nie.”
Skryf Sidney ook van die plaas Klawerjas, Hochfeld: “Piet die trapsuutjies se boodskap is om versigtig te ry gedurende die feestyd. En Volstruis Charlie stuur Kersgroete!”
Gisa Grönning se foto’s wys dat haar kolliehond nie met molslang se kind sukkel nie en Ita Bamberger het lekker gelag oor die twee langore wat op Gochas agter ‘n padteken ‘n bietjie skadu soek.
Linètt Scheepers het ‘n pienk Bulls-huisie in Katutura afgeneem.
Stuur jou snaakse en ongewone kiekies na lesers@republikein.com.na.
Klik op die foto om die fotogallery te vertoon. In die gallery sal jy na die volgende of die vorige foto's kan aanbeweeg deur in die linker- of die regterkant van die foto te klik. Alternatiewelik kan jy die sleutel "T" gebruik vir terug, "V" vir vorentoe of "M" om die fotovenster toe te maak.
|