?n Koedoebul het verlede week vir groot opwinding in Otjiwarongo se strate gesorg. Net na almal die oggend werk toe is, het die bul in Langstraat afgestap tot by die huis van mnr. Johan Swart. Natuurbewaring is in kennis gestel van die rondloperbok en natuurbewaarders is inderhaas daarheen. Intussen het die koedoebul die pad gevat deur die dorp. Saam met amptenare van natuurbewaring het ?n graad 10-leerling, Francois Swart (foto) en ?n tuinwerker, Lazarus, die bul tot in die erf van mnr. Allen Pearson agtervolg. Daar moes Francois die bul met die opdrag en bystand van die natuurbewaarders skiet. Die natuurbewaarders het die bul se kop weggestuur vir ontleding om te bepaal of die dier hondsdol was.