27.07.2010 Kaalvoet deur die Vis
Johien van Niekerk van Centurion in Johannesburg het dié skrywe aan Republikein gerig: “Ons groepie van vyf, twee Windhoekers en drie Gautengers het in Mei 2010 die Visrivier gaan stap. My seun Martin van Niekerk, links agter op die foto met die oranje rugsak wat nog uit Noag se ark dateer, het behalwe vir die afklim op die eerste dag die hele vyfdag staproete kaalvoet geloop. Ons almal het gesukkel met blase maar hy het geen klagtes oor sy voete gehad nie. Hy wil ook in Augustus 2010 die Namib Naukluft kaalvoet aanpak.”
Stuur ook jou interessante foto’s na lesers@ republikein.com.na of gebruik die selfoonnommer 081 128 0489 vir jou MMS’e.
|