13.10.2010 Vandale teiken bome
BEKOMMERDE inwoners van Kenneth McArthurstraat in die suide van Windhoek het gister foto’s na Republikein gestuur ná voorvalle van brandstigting by hul wonings.
“In die laaste paar weke is die palmbome op ons sypaadjies aan die brand gesteek.”
Die laaste voorval het gister in die oggendure plaasgevind. Die persoon wie die foto’s na Republikein gestuur het, sê die bome voor haar ouers se huis is reeds 30 jaar oud en is erg beskadig tydens die laaste brand.
’n Buurman se boom is op 1 Oktober tot op die grond afgebrand.
“Ons het die voorvalle by die stadspolisie en die brandweer aangemeld.”
|