Tyrone het foto's gestuur van twee taxi's in die stad wie se padmaniere hom eindeloos gefrustreer het. Die leser vra hoe 'n mens kalm kan bly as taxibestuurders geen gebod gehoorsaam nie. Tyrone meen die verkeersowerhede moet hul werk meer nougeset doen.
Nog 'n leser het 'n foto gestuur van die taxi wat duidelik nie op die pad hoort nie en ten beste 'n lewensgevaar vir ander padgebruikers is.
Lesers wat van Republikein se SMS-diens gebruik maak, het veral taxi's wat oortree in gedagte as dit kom by foto's oor dinge wat pla.
Natuurtonele is gewild wanneer dit kom by foto's van iets moois en dit is ook duidelik dat ouers graag hul kinders afneem.
Doen so voort en onthou om minstens 'n sinnetjie of twee ter verduideliking van die foto's saam te stuur. Republikein publiseer graag lesersfoto's.
Stuur jou fotos na lesers@republikein.com.na of selfoonfotos na 081 128 0489. Onthou ook dat klank- en videogebeure oor enige onderwerp welkom is. Stuur dit na bydrae@gmail.com.