
“Die asdromme tussen Swakop en Henties word nie meer leeggemaak by gewilde visvangplekke nie,” skryf Loula Coetzee by die foto wat sy by Myl 8 geneem het. “Die foto het my baie onstel. Die wind waai die rommel die wêreld vol. Ek het die visinspekteur voorgekeer en vertel, maar hy het gesê vullisverwydering is nie hul plig nie.” Trix Malan, wat die foto aangestuur het, sê elders is dit ’n heel ander prentjie: “Toe ons tussen Swakop en Langstrand was, het daar ’n munisipale voertuig gekom met ’n berg vullissakke agterop.”