“Jammer vir die swak gehalte van dié foto. My man het bestuur terwyl ek foto’s geneem het en dis maar moeilik so in die motor!
“Dié voorval het Saterdagoggend, 10 Julie omstreeks 10:00 plaasgevind. Ons het gery vanaf Katutura na die middestad toe dié oorlaaide bakkie by ons verbyjaag. Die bakkie was oorlaai met volwassenes en kinders, party het gestaan en party het gesit! Om die foto te kon neem, moes ons 140 km per uur ry, so ek neem aan die bakkie het seker naby 120 km per uur gery.
“Ek ys om te dink wat sou gebeur het as die bakkie in ‘n ongeluk moes beland of een van die kinders het afgeval,” sê me A. Saunderson.
Lesers met foto’s van dinge wat pla, kan dit per MMS na 081 128 0489 stuur of dit gewoon SMS na dieselfde nommer. Vonkpos-foto’s kan na lesers@republikein.com.na gestuur word.