21.5.2012
 Argiewe:

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

19.11.2010

Ontsteld oor sterretjies

© Theron de Wit

Theron de Wit van Tsumeb het dié foto aan Republikein gestuur omdat dit hom en sy vriende aangeraak het.

Hy skryf: “Die foto is ‘n week terug geneem in Tomwa, Angola, tydens ‘n besoek. Hierdie voëltjies is die Damara sterretjie (sterna balaenarum) wat deur die plaaslike bevolking nou ook gevang en verkoop word. Hulle gebruik ‘n klein stukkie aas, soos vis, met ‘n klein hoekie en vislyn en vang hulle. Dan word die een vlerk gebreek en die voëltjie word dan begrawe dat net sy kop uitsteek. Hulle word lewendig gehou totdat dit later verkoop en geëet word.Ons het ook op plekke langs die kus gesien waar groter seevoëls gevang was vir dieselfde doel. Regtig tragies. Ek beplan dan ook om met die volgende besoek aan Angola dit aan die owerhede te rapporteer.”

Stuur ook jou foto’s van dinge wat krap of die hartsnare roer na lesers@republikein.com.na. Heg ‘n kort beskrywing aan.