
’n Enkelkajuitbakkie met minstens 21 passasiers? Beslis nie oëverblindery nie. Ute von Ludwiger het verlede week vanaf Windhoek na Rehoboth gereis en moes die bakkie verbysteek. Sy sê sy het minstens 19 mense agterop die bakkie getel met ’n paar plastiekkanne tussen die passasiers. Voor in die bakkie was daar drie mense (bestuurder ingesluit) “En dit alles teen ’n spoed van 90 kilometer per uur sonder tralies. Is dit toelaatbaar? Dit lyk egter nie of dit die passasiers gepla het nie, kyk net hoe glimlag hulle!” skryf sy in haar e-pos.