5.04.2011 Kwaai oor kwads by die Brandberg
NICO Louw het tydens die Onafhanklikheidsnaweek by die Brandberg gaan kamp en is uiters ontstig oor die skade wat “brekers” hier met hul vierwielmotorfietse aangerig het.
“Ons het by die Brandberg gaan kamp hoofsaaklik om die pragtige omgewing te waardeer. Die veld is die mooiste in 30 tot 40 jaar,” skryf Nico, “en dit het steeds gereën. Ons het die letterlik duisende veldblomme in en om die kamplek besonder gevind.
“Laat Saterdag daag ‘n groep van 15 tot 20 4x4’s met ‘n groot aantal vierwielfietse daar op. Ons sien die vierwielfietse vanuit die berg, wat ons kampplek gebruik om “dow-nuts” te gooi met ‘n groot lawaai.
“Toe ons terug is in ons kampterrein, sien ons eers wat gedoen was. Groewe van 10 tot 20 sentimeter diep was uit die grond gedolwe. Daar was nie ‘n enkele grassie of blom oor in die 20 meter sirkel nie.
“En toe kom die musiek...
“Ons besluit toe ons sal maar op ‘n ander plek gaan kamp. Groot luidsprekers op torings maak seker dat geen natuurklank gehoor kan word nie.
“Soos ons verby die groep ry, sien ons die verwoesting wat die kwads aangerig het. Ek neem twee kinders af – trots by hulle quad bikes. Hulle dra T-hempies wat sê Brandberg Endurance 2011.
“Wie Endure? Die natuur?
“Ek dink die organiseerders moet volgende jaar hulle ‘Endurance’ naby ‘n riooluitvalwerke reël, dis meer van pas. Miskien kan die organiseerders lig werp op die missie van die Endurance groep – en Namibië en die mooi woestyn en ander kampeerders om verskoning vra vir hulle gedrag.
Klik op die foto om die fotogallery te vertoon. In die gallery sal jy na die volgende of die vorige foto's kan aanbeweeg deur in die linker- of die regterkant van die foto te klik. Alternatiewelik kan jy die sleutel "T" gebruik vir terug, "V" vir vorentoe of "M" om die fotovenster toe te maak.
|