21.5.2012
 Argiewe:

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

31.12.2010

Hoe gemaak met molesmakers?

© Cohen van Zyl
Kersdag op Swakopmund het sy normale vergrype gebring en die teleurstelling is elke keer groot as vakansiegangers nie besef hulle deel die geriewe langs die kus met duisende ander nie. Die keer het ’n klomp plesiermakers op die leë erwe in die ontwikkelende dorpsgebied by Myl 4 gaan vuur aansteek en die plek in chaos gelaat. Dit afgesien van die onooglike vergrype aan drinkgoed op Kersdag en die onaardse lawaai wat hulle opgeskop het. Inwoners het self die dag na Kersfees gaan opruim en bly kou aan die kommerwekkende ervaring dat hulle op Kersdag nie ’n polisieman, verkeerskonstabel of munisipale amptenaar kon opspoor om by te kla nie. Waar telefone gewoon nie beantwoord was nie, was ’n verdere reaksie dat daar nie voertuie beskikbaar is om uit te stuur nie, of dat dit ’n ander afdeling se plig was om na die klagte om te sien. Cohen van Zyl het die foto gestuur en die hoop uitgespreek dat dit op die Oujaar en Nuwejaarsdag beter sal gaan.