
Susi Strödike van Windhoek het die foto op 4 Januarie by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako geneem. Sy skryf: “Dit is ongelooflik! ’n Mens moet uit jou kar klim om die parkeerkaartjie te neem wanneer jy by die betaalde parkeerarea wil parkeer. Kon die lughawe-owerheid nie die masjien nader aan die pad gesit het nie?”