“Jammer vir die swak fotobeeld! Ek wonder eintlik net watter spoed ry die bus, want ek ry 120 km per uur en toe kom sleep die bus, PS 207, verby sowat 25 km van Otjiwarongo af op die Otavi-pad. Ons het suid gery. Ek was stomgeslaan,” laat weet Edward.
Op die volgende foto wys hy sy motor se spoedmeter wat vas staan op 120 km per uur. Die foto is waarskynlik Sondag geneem, want dit was toe dit na Republikein aangestuur is.
Maak so met jou foto’s van alles wat rof kan wees, maar stuur ook mooi foto’s van die dinge in die lewe wat mens kan waardeer.
Die SMS of MMS-nommer is 081 128 0489. Vonkpos-foto’s na lesers@republikein.com.na sal ook werk.
Gee ‘n kort beskrywing van die situasie.