21.5.2012
 Argiewe:

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

17.11.2010

Deel jou soet en suur van reënweer

© Vic Engelbrecht
Dié pragfoto van onweerswolke oor Wlotzkasbaken en reën oor die Atlantiese Oseaan is deur Vic Engelbrecht van 4funkyportraits ingestuur. Hy is een van die talle lesers wat gereageer het op ’n versoek om hul reënfoto's aan Republikein te stuur.

Namibiërs is weer vrolik, want dit reën. Uit Gobabis het Aribeb Hesthings sommer vroegoggend gister uit Gobabis laat weet dat in die opvangsgebied van die Tilda Viljoen- en die Daan Viljoendam 55 mm gemeet is.

Stuur ook jou reënsyfers na lesers@republikein.com.na en laat weet vir ons waar dit reën. Reënfoto’s is ook welkom, stuur dit ook na die adres. Of stuur foto’s per selfoon na 081 128 0489.
© Dederick Jankowitz
Dederick Jankowitz was gisteroggend eerste met sy foto’s wat hy die afgelope naweek in die Khomas Hochland geneem het. Dederick sê ongelukkig kan ‘n foto nie die volle effek van die reënboog deurgee nie, “maar dit was groot, duidelik en by tye ook 'n dubbele reënboog”.