21.5.2012
 Argiewe:

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

17.06.2010

Brrrrrrrr....

© Jens Viëtor
Die ysaanpaksel by die Kalahari Farmhouse op Stampriet gisteroggend.

YSKOUD! Namibiërs moes die laaste paar oggende diep grawe om genoeg wintersklere aan te trek om warm te bly.

Volgens Namibia Weather Network was die koudste plek gisteroggend die Stampriet-omgewing. By die Kalahari Anib Lodge van die Gondwana Collection het die kwik tot by -6,7 grade Celsius gedaal.
© Riekes Koopman
Die ge-ysde fonteintjie van die Koopmans op Keetmanshoop vanoggend.
By die Kalahari Farmhouse in die dorp het ys in die nag teen die draad van ’n wingerd gevorm (foto bo). Teen 09:50 gister toe die foto geneem is, was dit maar net 8 grade en teen 15:00 was dit 14 grade.

Ná Aus se -4 grade (-8 grade in die ysige wind) Dinsdagoggend was dit gister darem ’n bietjie warmer op 1 graad Celsius. Die maksimum by Klein-Aus Vista was gister 11 grade, hoewel dit met die koue windjie soos 8 grade gevoel het.

In Windhoek, Hochlandpark, was dit teen 06:39 gister 0,1 grade Celsius. Laagliggende plekke in die stad kon straks onder vriespunt gewees het. Die maksimum temperatuur vir Windhoek was 15,1 grade.

Amptelike syfers van gister se minimum en maksimum temperature kon nie van die weerkantoor verkry word nie.