Videonuus


Die onkruid waai op Nkurenkuru

Videonuus


Landskapkuns

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

20.08.2010

Bakkie vat vlam in middestad

© Renier Taljaardt

Die brandweer en Windhoek se nooddienste is net voor die etensuur na dié toneel agter die Wernhill Inkoopsentrum in die Hosea Kutako rylaan ontbied.

Renier Taljaardt, wie die foto per selfoon na Republikein gestuur het, sê hy het op die balkon van sy kantoorgebou gestaan toe hy sien dat die bakkie in die staat stop. "'n Vrou en 'n kind het uitgeklim en onder die bakkie ingekyk en toe het ek haar sien bel. Ek het weer in die kantoor ingegaan.

"Ná 'n rukkie het een van my kollegas my geroep en gesê ek moet kom kyk, 'n bakkie brand voor in die staat."

Renier sê die brandweer en stadspolisie was vinnig op die toneel om die brand te blus en die verkeer te reguleer. "Dit het nie 'n groot ontwrigting veroorsaak nie," het Renier gesê.

Die brand was vinnig geblus en 'n insleepdiens het die bakkie verwyder.