21.5.2012
 Argiewe:

Jongste vleispryse


15 April '12

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

2.02.2010

Windhoek-lede sê ja vir Agra-omskakeling

© Verskaf
Dr. Hoze Riruako en sy vrou, Belinda, stem hier ten gunste daarvan dat Agra ’n openbare maatskappy word.
“DOEN dit; skakel Agra om in ’n openbare maatskappy.”

Só het een van dié koöperasie se lede verlede week in Windhoek gereageer tydens ’n inligtingsvergadering oor die beplande omskakeling van Agra na ’n openbare maatskappy.

Die koöperasie sê in ’n verklaring lede het tydens die eerste inligtingsvergadering in Windhoek saamgestem die omskakelingsproses van ’n koöperatief na ’n openbare maatskappy weldeurdag is en dat die direksie en senior bestuur die voordele die afgelope twee jaar lank deeglik nagevors het.

Die lede het daarna eenparig hul gewig agter dié nuwe plan ingegooi.

Dr. Hoze Riruako van Riruako Ranch was een van die eerste lede van Agra wat ten gunste van die omskakeling gestem het. Hy het Agra bedank vir die moeite wat gedoen is om tydens die inligtingsvergadering lede volledig oor die proses in te lig en die voordele met hulle te bespreek.

Intussen word die landwye reeks inligtingsvergaderings vandeesweek voortgesit. Tweederdes van al die lede moet ten gunste van die proses stem voordat die omskakeling kan geskied.