Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Kontak

Republikein publiseer elke Dinsdag landbounuus. Enigiemand met inligting kan vir Ronelle Rademeyer kontak by ronelle@republikein.com.na of 061 297 2096. Vir moontlike advertensies kan Daphne Muller by 061 297 2027 gekontak word.

Ons Argiewe

03.10.08

Walglike toestand in rykmansbuurt

02.10.08

Khomas-grote haal rekordboek

02.10.08

Twee gesinne in rou ná fratsongelukke op hul werf

01.10.08

Wittebroodsnag in selle

01.10.08

Harry Simon op sy knieë

22.07.2008

Tweede sperdatum om die draai

Nuwe skaapskema

© Ronelle Rademeyer
‘n Vragmotor vol skape uit die Suide kom by Meatco se slagpale in Windhoek aan. Boere dreig om Meatco en die ander drie groot uitvoer-abattoirs (Mariental, Aranos en Keetmanshoop) te boikot indien daar nie teen 31 Julie ‘n nuwe bemarkingskema bekend gemaak is nie.
MET skaapboere se tweede sperdatum vir die bekendmaking van ‘n nuwe uitvoerbedeling vir lewendige skape na Suid-Afrika om die draai, wag landbouleiers steeds op amptelike terugvoer van die Regering hieroor.

Volgens die Namibiese Landbouunie (NLU) het dit wel onder sy aandag gekom dat die voorstel wat die Vleisraad van Namibië in die afwesigheid van ‘n konsensusbesluit tussen die produsente en abattoir-eienaars aan die Ministerie van Landbou, Water en Bosbou gemaak het, vir bespreking aan die kleinveebemarkingskema se moniterings- en implementeringskomitee gegee is.

Dr. Malan Lindeque, permanente sekretaris in die Ministerie van Handel en Nywerheid, is die voorsitter van dié komitee. Sy eweknieë in die Ministeries van Landbou, Water en Bosbou en Finansies dien ook hierin. ‘n Grootskaalse boikot-aksie teen die vier groot uitvoer-abattoirs in Namibië is einde verlede maand ter elfder ure afgeweer.

Skaapboere het gedreig om hul plaashekke te sluit sodat geen skape of wildsbokke soos springbokke na abattoirs kan gaan nie indien die omst red e kleinveebemarkingskema nie teen die begin van Julie met ‘n nuwe, meer gunstige skema vervang word nie. Toe dit nie gebeur nie, moes landbouleiers al hul oorredingsvermoë inspan om boere sover te kry om die Regering tot 31 Julie kans te gee om ‘n aankondiging hieroor te maak.

Intussen blyk dit uit die NLU se jongste nuusbrief dat mnr. John Mutorwa, Minister van Landbou, Water en Bosbou, beoog om die Vleisraad se voorstel aan die rolspelers beskikbaar te stel vir kommentaar. Dit is nie bekend wanneer dit sal plaasvind nie. Die boere se sperdatum verstryk aanstaande Donderdag.