21.5.2012
 Argiewe:

Jongste vleispryse


15 April '12

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

7.02.2012

Skokapparaat vanaf Junie verpligtend in swakara-bedryf



ALLE swakara-produsente is verplig om ingevolge die nuwe gedragskode vir die karakoelbedryf, vanaf 1 Junie vanjaar ’n skokapparaat in die produksieproses te gebruik.

Die gedragskode is deur die Regering goedgekeur en die swakara-raad het opdrag gekry om dit kragtens die Wet op Wol en Pelse te gebruik. Dit is in samewerking met die Europese Unie (EU) ontwikkel en sal aan die wêreldwye eis vir die handhawing van hoër standaarde met betrekking tot dierewelsyn en strenger etiese produksiemaatreëls voldoen.

Produsente wat reeds oor ’n ou skokapparaat beskik, moet die Agra-nommer van die apparaat asook die name van ander produsente wat dieselfde skokapparaat gebruik, aan die swakara-raad verskaf.

Produsente word ook versoek om kennis te neem dat Agra nie die skokapparate verkoop nie, maar dit wel namens produsente by die swakara-raad aanskaf. Bestellings kan by dié Agra-tak geplaas word waar produsente hul pelse aflewer of by die voorligtingsbeampte met wie hulle werk.

Die raad versoek produsente verder om seker te maak dat alle pelsnommers wat met ’n spesifieke skokapparaat bedien word, op die vorm gelys is. Ten einde vervoerkoste te bespaar, sal bestelde skokapparate so spoedig moontlik by die betrokke Agra-tak of voorligtingskantoor afgelewer word, sê die raad.

Skokapparate word slegs aan produsente voorsien wie se bydrae ten volle betaal is.

Die voetskakelaar/sonpaneel is egter nie deel van die gesubsideerde apparaat nie en dit sal ten volle deur die produsent betaal moet word indien hy/sy dit wil bestel.

Elke skokapparaat het ’n reeksnommer wat teen die produsent se pelsnommer(s) geregistreer sal word.

’n Geregistreerde skokapparaat kan nie sonder die toestemming van die swakararaad aan ’n ander produsent verkoop of geskenk word nie.

Vir enige verdere navrae, kan produsente vir Jenny Körner by 061 23 7750 skakel of aan haar ’n e-pos na jennyk@agra.com.na stuur.