Omgewingsprobleme onder die loep

?n BOEK wat geloof en wetenskaplike denke oor verskeie verwante onderwerpe soos omgewingskrisisse, aardsverwarming, klimaatsverandering en armoede dek, het onlangs die lig gesien en sal vanaf Februarie op boekrakke landwyd verskyn.

Volgens die outeur van die boek Livestock and Game Farming, Victor von Alten, is hierdie onderwerpe die hoofoorsaak van die agteruitgang en verval van biodiversiteit en die natuur.

?Die natuur as ?koolstofsomsettingsfabriek? is net nie in staat om die oormaat koolstof in die lug te verwerk nie. Daarom is dit meer doeltreffend om die natuur te herstel en verwoestyning teen te werk,? sê Von Alten in ?n opsomming oor sy boek.

?Hierdie prosesse neem lank en het finansiering nodig, dit is moeilik en tydsaam en word daarom verwaarloos en geïgnoreer en word deur simptomatiese maatreëls soos ontbossing vervang.?

Von Alten sê dat dit algemeen aanvaar word dat die agteruitgang van die natuur versnel word deur oorbeweiding en ontbossing.

?Die werklike oorsaak van die verval lê egter elders as in gulsigheid en uitbuiting deur boere.?

Hy voer aan dat die konsep van oorbeweiding en die volgehoue agteruitgang van weiding en die biodiversiteit verkeerd verstaan word. Hierdie misverstand is volgens hom gebaseer op foutiewe wetenskaplike feite en is die wortel van omgewingsprobleme.

?Die uitklaring van die onderliggende probleme is krities in die oplossing van probleme met die omgewing en armoede,? sê Von Alten.

Dit is volgens hom ?n eienaardige idee wat deur kundiges vermy word wat huiwerig is om presiese en praktiese voorstelle te maak. Dit het dus tot gevolg dat nomadiese weidingsmetodes verander wanneer mense meer gevestig raak.

?Hierdie praktyke is vergete en verlore en vervang deur ewig agteruitgaande praktiese oplossings. Niemand het dusver probeer om meer toepaslike moderne, gesofistikeerde kommunale boerderymetodes te ontwikkel nie.?

Hy voeg by dat die goed ontwikkelde boerderymetodes wat in die kommersiële gebiede ontwikkel is op die gebied van weiding en weidingbestuur, verouderd geraak het. Dit het volgens Von Alten daartoe gelei dat niemand tans ?n goeie begrip het van hoe natuurlike hulpbronne soos weiding en wildlewe bestuur moet word nie.

Von Alten sê dat hierdie konsepte so maklik moontlik aan boere gekommunikeer moet word sodat bepaal kan word hoe grootskaalse krisisse opgelos kan word, hoe weiding- en wildlewebestuur gedoen moet word en wat die tydskaal en moeilikheidsgraad daarvan gaan wees.

?In kort kan die mees dringende probleem wat die mensdom in die gesig staar, maklik en spoedig opgelos word deur die korrekte en maklik toepasbare weidingbestuur toe te pas wat ?n anderse wetenskaplike uitkyk en ?n verandering in denkrigting benodig. Grootliks kan hierdie beginsels maklik toegepas en aangepas word om byenige omstandighede in te pas waar vrylopende weidingsmetodes toegepas word.?

Hy sê die inhoud van sy boek sal veral deur lewendehawe produsente, natuurbewaarders en omgewingskenners interessant gevind word. Von Alten is ?n gebore Namibiër en beskik oor ?n BSc-graad in Landbou-ekonomie.

Hy het ook al diereteelt en weidingbestuur bestudeer en is vir meer as 25 jaar ?n passievolle en toegewyde beesboer. Vir meer inligting kan hy by 081 226 2127 of by victor.alten@gmail. com gekontak word.

Kategorie: