Meatco se nasionale braaidag word vanjaar op 23 en 24 April op Gobabis gehou. Verlede jaar se wenner, die Sonop Boerevereniging tree as gasheer op en beloof om weer ’n baie goeie span in te skryf.
Die tema is Sokkerwêreldbeker 2010 en 10 sosiale spanne en 10 boereverenigingspanne sal mekaar die stryd aansê om die braaivleisvure wanneer ’n driegangmaaltyd voorberei word.
Die topgehalte vleis word deur Meatco voorsien en al die bestanddele is ’n verrassing. Die spanne sal eers op 23 April hul voorraad kry en ook hoor wat hul vir die beoordelaars moet voorberei.
Die bou van spangees het reeds begin en hier sê ’n span van Meatco, wat hulself Bafana Bafana noem, en ’n span van Sonop Boerevereniging wat hulself Italië noem, mekaar die stryd aan met Foosball.