Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Kontak

Republikein publiseer elke Dinsdag landbounuus. Enigiemand met inligting kan vir Ronelle Rademeyer kontak by ronelle@republikein.com.na of 061 297 2096. Vir moontlike advertensies kan Daphne Muller by 061 297 2027 gekontak word.

Ons Argiewe

03.10.08

Walglike toestand in rykmansbuurt

02.10.08

Khomas-grote haal rekordboek

02.10.08

Twee gesinne in rou ná fratsongelukke op hul werf

01.10.08

Wittebroodsnag in selle

01.10.08

Harry Simon op sy knieë

22.07.2008

LPO bespreek GMO-vraagstuk

AANGESIEN Namibië die Cartagenaprotokol oor die handel in biotegnologiese produkte onderteken het voordat sy eie wetgewing oor bioveiligheid nog gepromulgeer is, kan niemand in die land op die oomblik toestemming kry om geneties veranderde organismes (GMO’s) in te voer nie.

Dít was een van die probleme wat verlede Dinsdag bespreek is tydens ’n debat oor die vordering met Namibië se wetgewing oor bioveiligheid en die implikasies daarvan op die wetlike invoer van GMO-saad en ander -produkte. Die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO) het dié debat gereël en produsente van verskeie landbou-kommoditeite het daaraan deelgeneem.

Aangesien Namibië die Cartagenaprotokol onderteken het, is sy invoere van biotegnologiese produkte onderhewig aan sekere verpligtinge teenoor ander lidlande. Die Cartagena-protokol reguleer nie GMO-produkte soos byvoorbeeld gemaalde mielies vir voerdoeleindes of menslike gebruik nie, maar wel lewendige geneties veranderde organismes (LMO’s) soos GMO-saad vir aanplantings.

Die Namibiese wetgewing op bioveiligheid is reeds gepromulgeer, maar is nog nie van toepassing nie aangesien sekere regulasies uitstaande is. Die implikasie hiervan is dat geen individu in Namibië wetlik ’n aansoek kan indien of toestemming kan verkry om GMO-saad in te voer nie. Dit sal die geval wees totdat die wetgewing in plek is. Dit blyk dat permitte tans net uitgereik word vir die invoer van GMO-vrye saad vir aanplantingsdoeleindes.

Die Namibiese Landbou-unie (NLU) sê in sy jongste nuusbrief ofskoon rolspelers uiteenlopende menings het oor die kwessie van GMO’s, is dit in die beste belang van Namibië en die landboubedryf om kragtens die verwagte bioveiligheidswetgewing op te tree. Die sleutelkonsep van die protokol – wat blyk ook tans die grootste struikelblok te wees – is die oordrag van lewendige geneties veranderde organismes, of LMO’s, tussen lande.

Dit kan enigiets van ’n virus tot ’n soort groente wees. Dit sluit egter nie produkte in die farmaseutiese bedryf in nie. Ingevolge die ooreenkoms moet ’n land se owerhede in kennis gestel word as enigeen uit ’n ander land ’n LMO wil invoer. Die land waarheen die LMO geneem word, moet toestemming gee dat die produk sy grense mag binnekom. Die hele proses kan maande duur.