Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Kontak

Republikein publiseer elke Dinsdag landbounuus. Enigiemand met inligting kan vir Ronelle Rademeyer kontak by ronelle@republikein.com.na of 061 297 2096. Vir moontlike advertensies kan Daphne Muller by 061 297 2027 gekontak word.

Ons Argiewe

03.10.08

Walglike toestand in rykmansbuurt

02.10.08

Khomas-grote haal rekordboek

02.10.08

Twee gesinne in rou ná fratsongelukke op hul werf

01.10.08

Wittebroodsnag in selle

01.10.08

Harry Simon op sy knieë

22.07.2008

Loopbaanskuif vir Gerhard Mukuahima

© Verskaf
Mnr. Gerhard Mukuahima, voorheen ‘n landbouvoorligtingsbeampte in die Ministerie van Landbou, Water en Bosbou, het hom pas by Standard Bank Namibia aangesluit waar hy voortaan boere met hul finansiële behoeftes en beplanning sal bystaan. Hy het sy B.Sc.-graad in landbou aan die Universiteit van Namibië verwerf en later ook sy meestersgraad in produksiebestuur aan die Universiteit van Pretoria voltooi. Gedurende sy tyd by die Ministerie het hy kommersiële-, kommunale- en ontluikende boere in die Oshikoto-streek met bestuur- en produksie- aspekte van boerdery bygestaan. Sy liefde vir boerdery strek terug na sy kinderjare in die Otjinene-omgewing waar sy ouers geboer het. Mnr. Mukuahima sê hy sien uit om in sy nuwe finansiële loopbaan landbouers aan ‘n veel weier front met sy kennis te bedien.