22.07.2008
Loonopgawes traag ingedien
DIE Ministerie van Arbeid en Maatskaplike Welsyn is teleurgesteld met die klein hoeveelheid verpligte opgawevorms wat boere hierdie jaar ingedien het. Die Namibiese Landbou-unie (NLU) maan boere in sy jongste nuusbrief om indien hulle nog nie dié vorm ingestuur het nie, dit onverwyld aan die Ministerie te pos of per hand af te lewer.
Die NLU het die vorms vroeër vanjaar deur middel van sy landboutydskrif AgriForum aan lede versend, maar sommige lede het laat weet dat die vorms hulle nie bereik het nie. Dié landbouliggaan het besluit om op aanvraag weer vorms om aan sy lede beskikbaar te stel. Skakel me. Rina Hough by die NLUkantoor in Windhoek by 237838, of kontak die Ministerie by 061-2066111 indien u navrae het.