9.03.2010 Lesing oor veilingsreëls vir boere
DIE Windhoekse landbouvoorligtingskantoor nooi boere om te kom luister na ’n praatjie oor die protokol vir lewendehawe by veilings. Dit sluit in alle aspekte oor permitte en die nakoming van die naspeurbaarheidreëls soos vereis deur die direktoraat veeartsenydienste.
Die lesing word Donderdag om 17:30 by die voorligtingskantoor aangebied. Dit is geleë is op die hoek van Lüderitzstraat waar dit by Fidel Castrostraat aan sluit.
Bel asseblief vir Nadi by (061) 204 4112 vir aanmelding of enige verdere navrae. Dit is belangrik dat boere vooraf laat weet dat hulle gaan bywoon aangesien slegs 45 sitplekke beskikbaar is.
Parkering is beskikbaar in Lüderitzstraat of oorkant by die Goethesentrum, of by die Duitse kerkkantoor.
|