Jongste vleispryse


07 Februarie '12

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

9.03.2010

Landbou-unie by !Naruseb

© Republikein
Mnr. Alpheus !Naruseb
DIE president van die Namibiese Landbou-unie (NLU), mnr. Ryno van der Merwe, en die unie se uitvoerende bestuurder, mnr. Sakkie Coetzee, het Vrydag besoek gebring aan die Minister van Grond en Hervestiging, mnr. Alpheus !Naruseb.

Die besoek spruit uit die vergadering van die NLU se grondkomitee wat op 22 Februarie gehou is. Die Ministerie van Grond en Hervesting is huidig besig met slypskole landwyd ten einde rolspelers se bydraes te kry vir die voorgestelde nuwe wet op grondhervorming.

Die doel van die besoek aan die Minister was om teen die agtergrond van die nuwe wetgewing weer eens die standpunt van die NLU te stel.

As ’n strategiese vennoot wil die NLU ’n bydrae lewer tot ’n suksesvolle grondhervormingsproses in Namibië wat vrede en stabiliteit bevorder.

Volgens mnr. Coetzee het die gesprek in ’n goeie gees plaasgevind en het wedersydse begrip vir die standpunte van die onderskeie partye bestaan.