Jongste vleispryse


07 Februarie '12

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

2.03.2010

Koue winter verhoog wêreldvraag na pelse

© Republikein
MET die 13 April-pelsveiling in Kopenhagen, Denemarke, om die draai, heers goeie verwagting onder karakoelprodusente in die land.

Net minder as 80 000 pelse is deur Agra se pelssentrum vir die veiling ontvang en met die grys- en uitskotpelse wat agterbly, sal ongeveer 75 000 pelse in Kopenhagen aangebied word. Van hierdie getal is ongeveer 5 500 wit pelse en ’n paar honderd bruin pelse. Die res is swart pelse.

Die lot se haarlengte blyk korter te wees as in September verlede jaar as gevolg van die droër voorsomer. Daarmee saam is die kwaliteit nie so goed soos dié wat in September aangebied is nie.

Die NLU sê in sy jongste nuusbrief die mark vir pelse in die algemeen is baie positief, wat toegeskryf kan word aan die koue winter in die Noordelike Halfrond.

Nertsveilings gehou in Desember 2009 het ’n gemiddelde styging van 36% teenoor die September 2009-veiling getoon en die Februarie 2010-veiling het ongeveer 15% gestyg teenoor die veiling van Desember 2009.

Op beide die veilings is alle pelse wat aangebied is (1,3 miljoen in Desember en 4 miljoen in Februarie), verkoop.

Die sogenaamde “blue fox” wat oor die laaste paar veilings as gevolg van ’n ooraanbod gesukkel het om te verkoop, se verkope het met 30% gestyg tydens die Februarie 2010-veiling teenoor die veiling in Desember 2009. Dit word ook beskou as ’n teken dat die vraag na pels in die algemeen baie goed is.