21.5.2012
 Argiewe:

Jongste vleispryse


15 April '12

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

2.03.2010

Kasper Günzel is Meesterakkerbouer


Mnr. Kasper Günzel
DIE mielieboer Kasper Günzel en sy vrou, Steffi, wat op die plaas Ludendorf naby Grootfontein boer, is aangewys as die Meesterakkerbouer vir 2010.

Die beoordeling verlede week in die Grootfonteinomgewing was geen geringe taak nie omdat soveel topinskrywings ontvang is. Volgens die Namibiese Landbou-unie (NLU) het lede van drie boereverenigings, naamlik Abenab, Grootfontein en Rietfontein ingeskryf.

“Dit was een van die strafste kompetisies aangesien die kandidate almal vooruitstrewende boere is en agterna moes werklik na fyn verskille gekyk word om die Meesterakkerbouer te kon aanwys.”

Vanjaar se Meesterakkerbouerdag (wat sal saamval met die Akkerbouprodusentevereniging se ledevergadering) word op Donderdag, 15 April, op mnr. Günzel se plaas gehou.

“Een van die waarnemings wat gemaak is, is die feit dat daar onder hierdie kandidate ’n geweldige geesdrif is vir dit wat hulle doen. Almal is besig om na nuwe of ander moontlikhede te kyk om hul grond optimaal te benut vir die beste moontlike inkomste,” lui die NLU-nuusbrief.

Graanprodusente ondersoek ook die moontlikheid om na biologiese boerderymetodes oor te skakel om die grond te bewaar en volhoubaar te benut sodat die nageslag steeds daarop sal kan boer.

’n Verdere waarneming is die uitstekende kommunikasie tussen die produsente in die ruil van kennis, ondervinding en om hulp te deel.