Jongste vleispryse


07 Februarie '12

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

7.09.2010

Inligtingsessies vir boere

Die Windhoekse Landbouvoorligtingsdienste bied op 9 September vanjaar ‘n inligtingsessie aan oor verbossing met die klem op swarthaakbosse.

Die vergadering sal deur mnr. Norbert Neumann aangebied word by die Landbouvoorligtingskantoor op die hoek van Lüderitzstraat waar dit by Fidel Castrostraat aansluit.

Tydens die sessie sal mnr. Neumann opsies oor ontbossing van hierdie spesifieke spesie aanspreek. Vir meer inligting kan hy gekontak word by telefoonnommer 061 204 4112.

Parkering is in Lüderitzstraat of oorkant die straat by die Goethesentrum, of die Duitse kerk beskikbaar. Die lesing sal om 17:30 begin.