Jongste vleispryse


07 Februarie '12

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

24.08.2010

Inligtingsdag by Daweb-wes gehou

DIE Omkhaibasen Boerekoöperasie bied Vrydag en Saterdag sy tweedaagse boere-inligtingsdae aan wat fokus op die karaktereienskappe van die Damaraskaap en hoe dit by Meatco se vergoeding vir vetgradering, bouvorm en uitslaggewig inpas.

’n Nuwe opleidingsentrum sal ook tydens die geleentheid in gebruik geneem word. Saterdag word ’n kleinveeveiling gehou waar boerbokramme en -ooie, Damaraskaapramme en -ooie en verskeie tipes draad vir omheining te koop aangebied sal word.

Die aktiwiteite vind by die Daweb-wes teelstasie nr. 62, sowat 25 km noordwes van Usakos op die D1935-pad plaas. Die Omkhaibasen Boerekoöperasie is werksaam in die omgewings van Forte, Spitzkoppe, Tubusis en ≠Goabeb naby Usakos.

Die instansie het vroeër vanjaar die toekenning vir die beste vordering vir ’n koöperasie tydens die Internasionale Koöperasiedagvieringe in Windhoek ontvang wat onder aanvoering van die Ministerie van Landbou, Water en Bosbou aangebied is. Boere uit hierdie gebiede word aangemoedig om die inligtingsdae by te woon wat moontlik gemaak word met skenkings van die Farmers’ Support Project van die Agricultural Bank of Namibia.

Die opleidingsessies sal vanjaar deur mnr. Wolf von Wielligh, Damaraskaap- en kleinveekenner aangebied word.

Vir meer inligting oor die inligtingsdae kan mnr. Isak ≠Ôuseb by 061 201 2128, 081 122 2564 of e-posadres: isak@iway.na of me. Leah Olu-King by 081 251 0582 gekontak word.