Jongste vleispryse


07 Februarie '12

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

24.08.2010

Ekwatho tot produsente se voordeel

© Verskaf
MEATCO se Ekwatho-finansieringskema is in November 2007 van stapel gestuur om as teenvoeter te dien vir die groot aantal speenkalwers wat die land op die hoef verlaat sonder dat waarde plaaslik toegevoeg word.

Dit moet ook die steeds stygende koste by Meatco se uitvoeraanlegte deur middel van groter deurset afbring. Ekwatho bied aan produsente toegang tot die nodige kontantvloei om van speenkalfproduksie na slagosproduksie oor te skakel en is terselfdertyd ‘n wegspringblok vir nuwe osprodusente en ontluikende boere.

Die skema dra ook volgens Meatco by tot beter grondbenutting terwyl dit alternatiewe markte vir speenkalfprodusente bied en diere met goeie genetika binne Namibië hou.

Volgens ‘n verklaring wat deur Meatco uitgereik is, het die deurset by die maatskappy se fabrieke oor die afgelope paar jaar krities gedaal tot 69% benutting in die kommersiële areas en net 17% in die kommunale gebiede.

Die koste wat hiermee verband hou, het druk op produsentepryse geplaas en daarom was dit dus onontbeerlik vir Meatco om die deurset by sy aanlegte te verhoog sodat die produsentepryse kon stabiliseer.

Die verhoogde deurset het die verwerkingskoste per eenheid afgebring en kan grotendeels aan inisiatiewe soos Ekwatho toegeskryf word. ‘n Bykomende 27 800 beeste is deur middel van die finansieringsprojek bekom waarvan 13 970 reeds geslag is.

Ten opsigte van die netto grensinkomste het die skema luidens die verklaring N$11.9 miljoen oor die afgelope twee jaar gerealiseer. Dit verteenwoordig ‘n bykomende 23c/kg netto bydrae tot die daaglikse Meatco-produsenteprys wat in dieselfde tydperk aan alle Namibiese produsente uitbetaal is.

“Sou die Ekwatho-finansieringskema nie daar gewees het nie, was produsente gemiddeld 23c/kg slegter daaraan toe. Dit beteken elke produsent wat beeste aan Meatco gelewer het, hetsy kommersieel, kommunaal of ontluikend, het voordeel uit die finansieringskema getrek,” lui die verslag.

Daarbenewens verwag Meatco dat Ewkatho oor die volgende 18 maande ‘n verdere bruto grensinkomste van N$21 miljoen tot die abattoir sal bydra. Hierdie voorspelling is gebaseer op die huidige diere wat volgens die skema geregistreer is.

Die Ekwatho-finansieringskema is moontlik danksy ‘n drieledige vennootskap tussen Meatco, die handelsbanke en die produsente.

Omrede Meatco ‘n waarde aan die bees kan heg deur ‘n minimum waarborgprys daarvoor te bereken, is die bank bereid om die bees as sekuriteit te aanvaar vir die skuld wat die produsente aangaan om die diere te koop.

“Hierdie ooreenkoms dui op ‘n nuwe era in die landboubedryf, en Meatco glo dat die vennootskappe wat hierdeur gesmee word, nie net tot voordeel van die nywerheid is nie, maar uiteindelik tot Namibië se ontwikkelingsdoelwitte sal bydra.”

Weens die feit dat van die Ekwatho- kontrakte onderte- ken word om tussen 18 en 24 maande te duur, is dit moontlik dat die minimum waarborgprys soms die produsenteprys vir ‘n gegewe week kan verbysteek. Dit kan veral gebeur tydens periodes wanneer onverwagte prysdalings in die mark ervaar word.

Ekwatho-kontrakte is uniek in terme van die duur daarvan sowel as die waarborgprys. Tot datum was daar nog net 75 gevalle waar die minimum waarborgprys hoër as die produsenteprys van die dag was.

As gevolg van die waarborgprysstelsel is N$332 000 tot dusver bó die daaglikse Meatco-prys aan Ekwathoprodusente uitbetaal. Die 75 gevalle sluit in hoofsaaklik Ekwatho- produsente wat reeds in 2008 kontrakte onderteken het. Dié N$332 000 verteenwoordig maar 0.04% van die totale slagwaarde van alle Ekwatho- beeste wat tot dusver geslag is. Dit verteenwoordig 10c/kg meer in die sak van Ekwatho- produsente wat reeds hul beeste gelewer het.

In vergelyking met die 23c/kg wat alle produsente meer ontvang het as gevolg van Ekwatho se bydrae tot die netto grensinkomste, bestaan geen twyfel dat Ekwatho aansienlik waarde toevoeg.

Meatco se rekords dui daarop dat nagenoeg 91% van Ekwathobeeste “nuwe” beeste is wat andersins nie aan Meatco bemark sou word nie, en is bewys dat die skema tot ‘n verhoogde deurset by Meatco se abattoirs bygedra het.

Hoewel Meatco verplig is om ‘n mimimum prys aan Ekwathoprodusente te waarborg, is die produsent op sy beurt ook volgens kontrak verbind en moet hy of sy ten minste 98% van die kontrakgetal beeste lewer.

Vir meer inligting kontak Ekwatho by ekwatho@meatco.com.na of by telefoonnommer 061 321 6400.