6.09.2010 Dohmen is Oeskoning
 Mnr. Matthias Dohmen en sy vrou Claudia, wenners van die titel as Oeskoning vir 2010 asook verskeie ander toekennings.
stadsDIE jaarlikse Oesfees, seker die grootste saamtrek van boere en die gemeenskap in die omgewing naas die Grootfontein Landbouskou, het die naweek op Alfredshöhe, die plaas van die Dohmens buite Grootfontein plaasgevind. Mnr. Matthias Dohmen en sy vrou Claudia was die gasheer en gasvrou vir die geleentheid omdat hy as die Oeskoning vir die jaar aangewys is.
Dié tradisie kom baie jare en is ’n geleentheid wat niemand op die dorp of in landboukringe wil misloop nie; ’n geleentheid waar gekuier, gesels, feesgevier, geëet, gedrink en gedans word. Die genooide speker, mnr. André Diederichs van Old Mutual, het gepraat oor gesins- en familiebesighede, waarvan vele boerderye ’n goeie voorbeeld is.
Hy het verskeie handige perspektiewe en wenke met die teenwoordiges gedeel. Volgens hom is familiebesighede die beste manier om vir die familie welvaart te skep. Daarom moet die beste persoon aan die stuur van die besigheid staan en as dit nie ’n lid van die familie is nie, dan iemand anders wat die besigheid so bestuur dat die familie welvaart kan ervaar.
Matthias Dohmen het die JR Otto-trofee, asook die Grootfontein Boerevereniging- en die Pannar trofeë ontvang. Verder is hy met die Agra Wisseltrofee en die Greenlands Wisseltrofee bekroon. Roman en Susi Keller van Agri-Engine het ’n pragtige nuwe naambord vir die plaas geskenk.
Dohmen het vertel hoe hy in 1980 uit Duitsland in Grootfontein aangekom het en dadelik gevoel het. Hy was eers saam met sy skoonpa en ander boere in vennootskap voordat hy onafhanklik begin boer het. Vandag is hy ’n suksesvolle boer wat met mielies, beeste en bloubuffelsgras boer.
Hy glo aan diversifisering. Nog ’n hoogtepunt van die aand was die aanwysing van die Oeskoningin, Ariane Dressel. Die eerste prinses is Helga Schlöder en Carlien Coetzee is tweede prinses.
Klik op die foto om die fotogallery te vertoon. In die gallery sal jy na die volgende of die vorige foto's kan aanbeweeg deur in die linker- of die regterkant van die foto te klik. Alternatiewelik kan jy die sleutel "T" gebruik vir terug, "V" vir vorentoe of "M" om die fotovenster toe te maak.
|