21.5.2012
 Argiewe:

Jongste vleispryse


15 April '12

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

7.02.2012

Dagboek vir landbouers



Otavi Boerevereniging
Die Otavi Boerevereniging vergader Woensdag om 09:00 in die Neels van Tonder-saal op Otavi. Kontak me. Christine Stoman by 067 304 971 of stoman@mweb.com.na.

Klein-Karas Boerevereniging
Die Klein-Karas Boerevereniging vergader Donderdag om 08:00 op die plaas Us van Leon en Petro van Wyk waar ’n praatjie oor boerdery in die praktyk aangebied sal word. Die vroue sal handwerkartikels kan maak. Kontak me. Berdine de Klerk by 081 247 4469 of arbeid@mtcmobile.com.na.

Dordabis Boerevereniging
Die Dordabis Boerevereniging vergader Donderdag om 14:00 in die boereverenigingsaal. Die gasspreker is die goewerneur van die streek, mnr. Samuel Nuuyoma. Me. Christine Romeis kan by 061 231 230 of cwromeis@iway.na hieroor gekontak word.

Koës Boerevereniging
Die Koës Boerevereniging vergader Vrydag om 08:00 in die boereverenigingsaal. Die bestuur beoog om ’n kursus oor arbeidsaangeleenthede aan te bied. Kontak mnr. Gert Vermeulen by 063 252 649, 081 129 9817 of gertvermeulen173@ gmail.com.

Omuramba Boerevereniging
Die Omuramba Boerevereniging vergader op 14 Februarie om 15:00 op Kroonster. Kontak me. Christa Engelbrecht by 062 571 540 of jeng@mweb.com.na.

Hoërand Boerevereniging
Die Hoërand Boerevereniging se jaarvergadering vind op 15 Februarie om 15:00 te Stubbenkamer plaas. Afgevaardigdes van E-med24, Nammed en First National Bank sal as gassprekers optree. Kontak me. Fesia Truter by 063 294 216 of saddleboerdery@mweb.com.na.

Witvlei Boerevereniging
Die Witvlei Boerevereniging vergader op 15 Februarie om 15:00 in die boerehuis op die dorp. ’n Gasspreker sal oor plaasveiligheid praat. Kontak me. Monica Bouwer by 062 570 317, gmbouwer@iway.na.

Wetenskaplike Vereniging
Die Namibiese Wetenskaplike Vereniging hou op 15 Februarie om 19:00 ’n praatjie oor die rol van toerisme in kommunale bewaringsgebiede. Die lesing word deur mnre. Keith Sproule en Usiel Ndjavera van WWF Namibia by die Wetenskaplike Vereniging se kantore in Robert Mugabe-rylaan aangebied. Toegang is gratis en skenkings is welkom. Verdere besonderhede kan van me. Hilda-Marie Botha van die Namibia Environment and Wildlife Society, by 061 306 450 of information@NEWSNamibia. org verkry word.