Jongste vleispryse


07 Februarie '12

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

9.03.2010

CCF vier 20 jaar van bewaring

DIE Jagluiperdbewaringsfonds (CCF) met sy basis by Otjiwarongo vier vanjaar sy 20ste bestaansjaar en het onlangs al sy skenkers vir hul geldelike ondersteuning bedank.

Die fonds het bekend gemaak dat sy doelwit om vanjaar N$150 000 vir sy werksaamhede in te samel, bereik is. Die suksesverhaal strek egter verder, aangesien N$300 000 in slegs ses weke ingesamel is.

Danksy die goedhartigheid van sy skenkers, betree die CCF die jaar met genoeg geld om sy bewarings- en navorsingsprojekte te finansier. Dit sluit in die verskaffing van opleiding aan boere en die jeug, biologiese en voortplantingsnavorsing en die Anatoliese skaaphondprojek.