21.5.2012
 Argiewe:

Jongste vleispryse


15 April '12

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

7.02.2012

Boere wag op reën

© Jabus du Toit, Republikein
ONDANKS 'n trae begin aan die reënseisoen is boere in die Suide optimisties dat hulle weer vanjaar goeie reën gaan ontvang.

Mnr. Willie Coetzee van die plaas Lauterbach het gister aan Republikein gesê dat sy plaas vanaf die middel van Januarie tot nou reeds 100 mm reën ontvang het. Hy het gesê die gemiddeld is gewoonlik 152 mm, dus is om tweederdes reeds te ontvang, nie te sleg nie.

Me. Elsabe Strauss van die plaas Duurdrift in die Karasburg-omgewing het gesê die grootste deel van hul omgewing het nog nie juis reën ontvang nie, maar die reënseisoen moet eintlik nou eers begin.

Volgens die Ministerie van Landbou, Water en Bosbou se hidrologiese afdeling het die binneland ligte tot matige reënval ontvang, maar is goeie reënval in die boonste gedeeltes van die Kwando en Zambezi opvanggebiede aangeteken.

Volgens die jongste reënvalsyfers wat deur die weerkantoor verstrek is, het Omuthiya met 39 mm die meeste reën ontvang.

Reënsyfers van 5 mm of meer wat gister om 08:00 deur die weerkantoor vir die vorige 24 uur aangemeld is, is soos volg: Mpacha- lughawe met 5 mm, Rundu met 7,6 mm, Rundu-lughawe met 10,6 mm, Okongo met 9,7 mm en Nkurenkuru met 15 mm.

Volgens die nuutste lesings van damvlakke van NamWater, is net twee damme 100 persent vol. Dit is die Tilda Viljoen- en die Goreangabdam wat verlede jaar dieselfde tyd ook vol was.

Die binneland sal vandag gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm wees. Reën- en donderbuie word vir die hele land behalwe die Verre Noordweste voorspel.

Die kus sal gedeeltelik bewolk en koel wees met reënbuie wat vir die Verre Suide voorspel word.