Jongste vleispryse


31 Januarie '12

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

30.09.2008

Biota Afrika vergader by Stellenbosch

MEER as 300 beleidmakers, wetenskaplikes, grondgebruikers en ander belanghebbendes van 15 Afrika-lande én Duitsland sal vandeesweek oplossings vir die uitdagings van Afrika se biologiese diversiteit bespreek. Die Afrika-Duitse navorsingsnetwerk, Biota Afrika, is met meer as 400 wetenskaplikes die grootste kontinentwye gesamentlike inisiatief om die komplekse verhouding tussen die mens en natuur in Afrika te ondersoek.

Uitslae van sewe jaar se suksesvolle werk in meer as 75 waarnemings sal tydens die internasionale konferensie by Spier in Stellenbosch, Suid-Afrika, aan die publiek voorgehou word. Aanbevelings vir verdere inisiatiewe oor volhoubare grondgebruik en die beskerming van biodiversiteit sal by die konferensie bespreek word.

Uit Namibië sal dr. Dave Joubert van die Politegnikum van Namibië en sy navorsingspan ’n ondersteuningstelsel vir bosindringing, wat op die web gebaseer is, bespreek. Die stelsel kan boere ondersteun in besluitneming oor hul boerderygrond. Bosindringing – die indringing en verdikking van aggressiewe en ongewenste houtspesies op grasvlaktes – is ’n groot ekonomiese probleem in Namibië en na raming kan dit die inkomste uit vleisproduksie met minstens N$700 miljoen per jaar verminder.

Een van die hoof spesies wat die probleem veroorsaak is Acacia mellifera (swarthaak). Die Besluit-ondersteuningstelsel (DSS) is ontwikkel om boere by te staan met aanpassingsbesluit en reaksiebesluite. Deurentyd wil die DSS die belangrikheid van aanpassingsbestuur benadruk. Op die oomblik is die DSS op die internet in ’n “wiki”-formaat beskikbaar en verander dit voortdurend.

Dusver is vyf slypskole vir boere aangebied om die bruikbaarheid van die stelsel te toets. Nóg toetse sal aanstaande jaar gedoen word. Die DSS is begin voordat Biota betrokke geraak het. Tog is geld aan die ontwikkelaars van DSS beskikbaar gestel om dit verder te toets. Die konferensie word deur die Duitse Federale Ministerie van Onderwys en Navorsing en ander Afrika navorsingsinstellings befonds. Internasionale organisasies wat teenwoordig sal wees, is onder meer die UNEP, Unesco, Nepad, Geoss en WWF.