Jongste vleispryse


07 Februarie '12

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

7.09.2010

Bemarkingskema bo verdenking

© Verskaf
Mnr. Joe Hanekom (links), besturende direkteur Afri Compliance en mnr. Poena Potgieter, waarnemende voorsitter van die Namibiese Vleisraad, na afloop van die sertifisering van die Vleisraad se skaapbemarkingskema.

Die Vleisraad van Namibië het onlangs die maatskappy, Afri Compliance, gekontrakteer om die veelbesproke skaapbemarkingskema as ‘n onafhanklike ouditeringsliggaam te sertifiseer ten einde te verseker dat al die nodige kontrolemeganismes ingestel is om die integriteit van die skema te verseker.

Afri Compliance is tans die leiers op die gebied van risiko- en nakomingsbestuur in Suidelike Afrika en die maatskappy se sertifiseringsmerk word ondersteun deur ‘n groot aantal landbou- en voedselverwante bedrywe in Suid-Afrika, Swaziland, Namibië, Zambië en Mosambiek.

Die maatskappy is ook in die proses om sy dienste uit te brei na ander Afrika-lande in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap.

“’n Uitkyk op risiko’s wat verband hou met nakomingsbestuur in landbou- en verwante bedrywe dui daarop dat onafhanklike sertifiseringskemas en -stelsels soos die Namibiese skaapbemarkingskema in die nabye toekoms al meer toepaslik gaan word in terme van die nakoming van alle regs- en ander kontrolevereistes,” het mnr. Joe Hanekom, besturende direkteur van Afri Compliance, tydens ‘n onlangse oorhandigingseremonie gesê.

“Rolspelers in die landbousektore moet aanvaar dat selfregulering ‘n integrale deel uitmaak van die versekering van integriteit in hul bedrywe. Die Afri Compliance protokolle is daarop gemik om bedrywe soos die Namibiese vleisbedryf te help om sekerheid te verkry oor die wetlikheid van hul wetgewende en bestuurstelsels. Dit bly ‘n hoë prioriteit vir bedrywe wat met verantwoordelikheid na hul sake omsien” het mnr Hanekom bygevoeg.

Die integriteit van die Namibiese skaapbemarkingskema is gedurende die tydperk 27 tot 30 Julie deur ‘n span ouditeure van Afri Compliance geëvalueer waartydens die Vleisraad se uitreiking van uitvoerpermitte vir buitengewone uitvoere ook ondersoek is.

Die Vleisraad het sy totale stelsel aan Afri Compliance voorgelê en hulle bemagtig om ‘n objektiewe evaluasie van die skaapbemarkingskema te doen. Die totale proses – vanaf die eerste amptelike besluite, deur al die ontwikkelingfases tot implementering asook die verskillende operasionele segmente van die skema, is in die sertifiseringsproses geëvalueer.

Dit sluit in die verifiëring van prosedures en dokumentasie en die stelsel asook beveiligingstoetse en rekonsiliasiekontrole. Die bevinding was dat die Vleisraad se skaapskema voldoende ingeboude kruiskontrolemeganismes bevat om te verseker dat dit behoorlik funksioneer en vir Afri Compliance se integriteitsertifisering kwalifiseer.

“Tydens die sertifiseringsproses het die Vleisraad van Namibië bewys dat die vleisbedryf in Namibië dit erns het om die integriteit daarvan te beskerm en om te verseker dat die skaapbemarkingskema bo verdenking funksioneer en strook met internasionaal aanvaarbare verifiërings- en kontrolemeganismes”, het mnr Paul Strydom, hoofbestuurder van die Vleisraad, gesê.