
AgriBank het onlangs ‘n skenking van N$3 500 aan die Ariamsvlei Boerevereniging gemaak vir die aanbied van die jaarlikse Winterfees. Volgens die organiseerders het feesgangers van wyd en syd die fees bygewoon. Van die vermaak wat aangebied was, was die rodeo, motorfietsren en die Fear Factor-kompetisie. ‘n Ready Steady Cook-kompetisie is ook vir die eerste keer aangebied en het groot aftrek gekry. Ariamsvlei Boerevereniging wil graag die borge bedank vir hul ondersteuning en die bydrae tot die sukses van die fees. Die tjek van AgriBank is deur mnr. Issy Nandova aan me. Eureka de Jager, sekretaresse van die boerevereniging, oorhandig.