
AGRA het verlede week sy 30ste bestaansjaar gevier. Die koöperasie het Donderdag sy lede en verskaffers landwyd op koek en vonkelwyn getrakteer om die geleentheid te vier. Mnre. Peter Kazmaier, hoof uitvoerende beampte van Agra (links) en Danie Byleveld, bestuurder van Agra se lewendehawe afdeling het die verjaardagkoek gesny.