21.5.2012
 Argiewe:

Jongste vleispryse


15 April '12

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

24.08.2010

Agra omskakeling vir eers uitgestel

ONDANKS die nodige skriftelike toestemming van meer as twee derdes van Agra se lede dat die koöperasie na ‘n publieke maatskappy omgeskakel kan word, is die oorskakelingsproses nog nie afgehandel nie aangesien die registrateur van koöperasies nie die prosedures vir die geldigverklaring van die proses voltooi het nie.

Agra se bestuur wou die omskakeling teen 1 Augustus voltooi het wat ook die maatskappy se begin van die nuwe finansiële jaar is In ‘n verklaring wat verlede week deur Agra se bemarkingsafdeling uitgereik is, sê die koöperasie dat hulle wel aan al die vereistes voldoen het vir die oorskakeling en het hulle Agra se krediteure drie maande kennis gegee van die omskakeling.

‘n Beëdigde verklaring is ook aan die registrateur van koöperasies gegee wat verklaar het dat die skriftelike toestemming van die vereiste aantal lede van die koöperasie verkry is vir die voorgestelde omskepping.

“Die voorsitter van Agra se direksie het op 7 Julie by die registrateur van koöperasies aansoek gedoen vir die kansellasie van Agra as ‘n koöperasie.

“Alle beplanningsprosesse aan Agra se kant is gebaseer op die aanname dat die omskakeling op 1 Augustus 2010 in werking kan tree.

“Hierdie datum sou, onder meer, slegs een eksterne oudit benodig, wat ‘n aansienlike bedrag in ouditfooie sou bespaar,” sê die verklaring.

“Siende dat reeds aan al die wetlike prosedures en prosesse voldoen is wat deur die Koöperatiewe Wet voorgelê word, het Agra aanvaar dat die deregistrasie as ‘n koöperasie afgehandel sou kon word voor die voorgestelde datum.

“Die registrateur van koöperasies het ongelukkig nie haar eie prosedures vir die geldigverklaring van die proses voltooi nie. Dus kon die proses van die omskakeling nie suksesvol voltooi word soos beplan is nie.”

Volgens die koöperasie se skakelafdeling kon die registrateur nie aandui wanneer sy in staat sal wees om Agra te deregistreer nie.

“Agra verseker sy lede dat hulle hul volle samewerking gee met die kantoor van die registrateur in die hoop dat Agra so gou moontlik die nodige goedkeuring sal verkry,” lees die verklaring.

Die nuwe datum van omskepping sal sodra dit bekend gemaak word deur Agra se raad van direkteure aan die lede verstrek word.