Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Bruidspaarkompetisie in volle swang


Sien fotos hier

Kollig 2 Februarie

Die Weer


Videonuus


Finse universiteit skenk voertuie

Videonuus


Die onkruid waai op Nkurenkuru

Videonuus


Landskapkuns

Advertensie

Kraakvars: Jou NSSCO-uitslae


Graad 12 Full time & Part time

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

18.08.2010

Waar is die vroue

DIE krisis van werkloosheid, armoede en ontwikkeling is nie so eenvoudig as om net ’n paar fabrieke op te rig en dan agteroor te sit, want die probleem is opgelos nie. In Namibië met sy verpolitiseerde samelewing moet die Regering aan die een kant ontwikkeling belowe en aan die ander kant oefen opposisie druk op die Regering uit deur te wys op onvervulde beloftes en dan self ook te belowe.

Die oplossings en werklikheid lê iewers tussenin en as die partypolitiek uit die nasionale vraagstuk van armoede en werkloosheid gehaal word, is daar ’n paar basiese werklikhede. Dit het oor dekades aanvaarde wysheid geword dat die bemagtiging van vroue een van die belangrikste hefbome van internasionale ontwikkeling is.

Wat vir die res van die wêreld se ontwikkeling goed is, kan nie vir Namibië sleg wees nie. In die Namibiese huishoudings is dit reeds ’n onomstootlike feit dat babasterftes daal waar moeders in diens is, dat kinders se gesondheid deur beter voeding verbeter, dat landbouproduksie verhoog en die ekonomie ook uiteindelik groei.

Dit is ongelukkig ook ’n feit dat die geslagsgapings in Afrika besuide die Sahara – ook Namibië – groot bly en die afgelope verkiesings het bewys dat die gaping selfs groter word aangesien daar groot dele van die Namibiese gemeenskappe is waar geweld teen vroue, diskriminasie en ’n miskenning van hul basiese regte steeds roetine is.

As Namibiërs werklik eerlik is, sal hulle agterkom dat geslagsdiskriminasie een van die verskanste verskynsels in veral die grootste en mees agtergeblewe gemeenskappe is. Om werklik ’n verskil aan die toestand te maak en Namibië op ’n rewolusionêre ontwikkelingskoers te dwing, moet die kwessie van inligting en kennis bitter ernstig opgeneem word.

Namibiese besluitnemers moet bewus gemaak word en bewus bly van wat in die wêreld met vrouebemagting gebeur sodat die land met sy beperkte menslike hulpbronne die grootste moontlike voordeel uit kennis alleen kan trek.

Die vermanings van die land se mees vooraanstaande leiers en besluitnemers dat Namibië hom met kennis moet toerus, kan nooit te veel herhaal word nie en instellings van onderwys en opvoeding moet gerig wees na die wyses waarop enige kennis verkry kan word.

Dit is byvoorbeeld geruime tyd dat die wêreld se grootste maatskappye weens sake-oorwegings, meer geld as regerings in die bemagtiging van vroue belê, omdat dit vir hulle ekonomies sin maak. Namibië behoort ook uit die bronne te tap wanneer dit beskikbaar raak, want wat menseregte-aktiviste en regerings belê, is eenvoudig nie genoeg om die reusegaping tussen mans en vroue uit te wis nie.

Dit is veral multi-nasionale maatskappye wat begin agterkom het dat ’n gemeenskap waar vroue bemagtig word, hul produktiwiteit en wins verhoog asook hul kliëntebasis verbreed.

Net soos wat regerings en die samelewing verstaan dat vrouebemagtiging ’n menseregtekwessie is, net so begin die private sektor wêreldwyd verstaan dat vrouebemagtiging goeie besigheid is.

As Namibië nie al sy oplossings binne landsgrense weens tradisie, godsdiens of ander oorwegings kry nie, moet hy kyk wat elders in arm gemeenskappe gedoen word. Daar is baie voorbeelde, want sowat twee miljard van die planeet se bewoners is agtergeblewe. Hoofsaaklik vroue en kinders. Kennis moet wysheid bring.