21.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


21 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Kollig 18 Mei

Suiderland 15 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

25.01.2012

Verlore tyd is verby

VOLPUNTE aan Eerste Minister Nahas Angula wat met die verwelkoming van personeel aan die begin van die nuwe werksjaar oor tydsbestuur sy voet neergesit het.

Die manier waarop die Premier laatkommers uitgesonder het vir sy teregwysing deur hulle in die middel van die ou Kabinetsvergadersaal te laat staan, en die harde woorde waarmee hy sy misnoeë oor die mors van tyd uitgespreek het, behoort ’n rigtingwyser vir die hele staatsdiens te wees.

Angula is bekend daarvoor dat hy altyd betyds en selfs vroeg by openbare geleenthede opdaag. Hy is voor sewe-uur soggens op kantoor om sy dagtaak te begin en is dikwels die laaste persoon in sy kantoor om saans huis toe te gaan. Hy stel ’n voorbeeld wat min ander politici aan die amptenary stel wat aan hulle rapporteer.

Die Premier se boodskap aan die personeel in sy kantoor behoort nie net deur elke staatsamptenaar in die land nie, maar ook deur elke Namibiër in die private sektor ter harte geneem te word.

Die misbruik van tyd is volgens Angula gelykstaande aan korrupsie. “Geen verskonings sal meer aanvaar word nie en aanspreeklikheid moet die wagwoord vir 2012 word,” het hy bygevoeg. Ywer moet volgens die Premier beloon word en luiaards moet gestraf word. “Middelmatigheid moet om hierdie rede ’n sonde in die Namibiese staatsdiens word.”

Hoeveel beter sal die betrekkinge tussen staatsamptenare en die publiek wat hulle dien nie wees, as hierdie edele oogmerke vanjaar ter harte geneem word en tot uitvoering gebring kan word nie.

Tog jammer dat die Namibiese publiek nou reeds so vuisvoos is van mooi woorde en edel klinkende beloftes en ondernemings. Dit sal werklik ’n sigbare verandering in gesindheid en dade van staatsamptenare verg om ’n skeptiese publiek te oortuig dat dinge regtig nou gaan verander.

Die Engelse gesegde: “The proof of the pudding lies in the eating” kom hier ter sprake.