Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Bruidspaarkompetisie in volle swang


Sien fotos hier

Kollig 2 Februarie

Die Weer


Videonuus


Finse universiteit skenk voertuie

Videonuus


Die onkruid waai op Nkurenkuru

Videonuus


Landskapkuns

Advertensie

Kraakvars: Jou NSSCO-uitslae


Graad 12 Full time & Part time

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

25.08.2010

Twee lewes te veel

JAARLIKS word berig oor die onbetaalbare hoë tol wat padongelukke in Namibië eis. In die afgelope dae het dié ongelukke ook lewens langs die paaie geëis. Saterdagnag het ‘n bakkie deur twee huisies in Otjimuise in Windhoek gejaag en die lewe van ’n sesjarige meisie geneem.

Op die pad tussen Outapi en Oshikuku het een persoon vandeesweek gesterf en vyf ander is beseer toe ‘n ligte vragmotor deur ‘n sjebeen langs die pad gejaag het.

Nie net rus die onus op elke motorbestuurder om te alle tye so veilig as moontlik ter navolging van die padreëls en -regulasies te bestuur nie, maar ook om immer bedag te wees daarop om die lewens van nie net eie passasiers nie, maar ook die insittendes van ander voertuie op die pad te beskerm.

Dit geld beslis ook mense langs die paaie, hetsy voetgangers of onskuldiges in wonings of plekke van vermaak. Wanneer voertuie van die paaie afjaag en niksvermoedende mense langs die paaie se lewens beëindig, raak die situasie onhoudbaar.

Seer sekerlik het plaaslike owerhede ‘n verantwoordelikheid en ‘n groter rol in hierdie verband te speel. Bouregulasies en boubeperkinge behoort tog voorsiening te maak vir hoe ver van ‘n hoofpad of selfs voorstedelike straat, gebou mag word.

Behoorlike randstene langs strate in beboude gebiede behoort ‘n eerste linie van beskerming aan inwoners te bied vir wanneer ‘n bestuurder beheer oor ‘n voertuig verloor. Met die geweldige groei in Windhoek se informele nedersettings, het die plaaslike munisipaliteit goed gevaar om in groot dele reeds water en elektriese krag aan te lê om die lewensomstandighede van die inwoners te verbeter.

Voorstedelike beplanning het ook meegebring dat in heelwat van hierdie nedersettings, geskraapte paaie die beweging van mense en voertuie vergemaklik.

Plaaslike owerhede behoort nou werk te maak om die paaie so veilig as moontlik vir nie net padgebruikers nie, maar ook die inwoners van wonings langs die paaie te maak.

Strenger toepassing van bouregulasies is nodig om tragiese voorvalle soos die van die sesjarige meisie in Windhoek en die sjebeenbesoeker in die noorde van die land te voorkom.