21.5.2012
 Argiewe:

Vandag se koerant


Sien E-Publikasie vir al die Kleinadvertensies

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


21 Mei 2012

SUPERMAAN


30 Bruidspare gekies


Kollig 18 Mei

Suiderland 15 Mei

Die Weer


Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

23.01.2012

Tendertameletjie

HERNUDE uitstel met die toekenning van die omstrede tender vir die oprigting van die Neckertaldam kan vir sommige ’n positiewe aanduiding wees dat die dikwels gekritiseerde Tenderraad hierdie keer sy bes gaan doen om nie ’n aanvegbare besluit te neem nie. Hoe meer haas, hoe minder spoed, lui die idioom. Oorhaastigheid kan nooit die beste belange van die land dien nie.

Veral nie as dit kom by die grootste tender in die land se geskiedenis, waarby etlike miljarde dollar se belastinggeld ter sprake is nie.

Tog moet ’n mens vra of die hele proses nie reeds só verdag is dat om voort te sukkel met die neem van ’n deursigtige besluit onmoontlik geraak het nie? Midde sekere lede van die raad se beweerde voorkeur vir sekere aansoekers en afkeur in ander, asook hardnekkige gerugte van omkopery en smeertransaksies gaan beweringe van ongerymdhede baie moeilik heeltemal doodgesmoor word.

Teen die agtergrond moet die Regering dalk goed besin of dit nie gerade is om die tender te heradverteer en/of die neem van ’n besluit in die hande van ’n paneel kundiges te plaas wat nie direkte bande met huidige belanghebbendes nie. ’n Onafhanklike kenner en ’n gesant van die Tenderraad kan maar net van die lede van so ’n liggaam wees.

Midde vrae oor die dam se werklike bydrae tot ontwikkeling en of dit nie net nog ’n peperduur, wit olifant gaan word nie, behoort die Regering die publiek ook opnuut oor die waarde van die reuseprojek toe te spreek.
Dieremishandeling
 
Die streng, kriminele optrede verlede week teen ’n beweerde dieremishandelaar wat ses perde en ’n vul in skokkende omstandighede deur Okahandja na die noorde van die land vervoer het, is ’n riem onder die hart.

In ’n land waarin die indiening van formele klagte oor, en polisieondersoeke na sulke wandade selde plaasvind, is sulke stappe broodnodig om ander, voornemende oortreders af te skrik.

Die voorval werp ook opnuut vrae op oor hoekom Namibië steeds nie op nasionale vlak ’n Dierebeskermingsvereniging (SPCA) of soortgelyke waghond het nie. Buiten vir die hoofstad is daar maar net ’n handjievol dorpe waar vrywilligers met skrapse borggeld diereregte probeer beskerm.

Ondanks al die uitdagings is waarskynlik net ’n span inspirerende leiers met ’n goeie, verkoopbare sakeplan nodig om die status quo te verander.

Dierebeskerming is ook ’n plig waarvoor die Regering meer geld behoort beskikbaar te stel.