Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Bruidspaarkompetisie in volle swang


Sien fotos hier

Kollig 2 Februarie

Die Weer


Videonuus


Finse universiteit skenk voertuie

Videonuus


Die onkruid waai op Nkurenkuru

Videonuus


Landskapkuns

Advertensie

Kraakvars: Jou NSSCO-uitslae


Graad 12 Full time & Part time

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

17.08.2010

Swakste voorbeeld

’n OËNSKYNLIK onbelangrike gebeurtenis wat nooit gebeur het nie, ’n geveg tussen twee raadslede van die Keetmanshoopse stadsraad, is nie so onskuldig as wat dit vir hulle mag lyk of klink nie.

Verlede week is berig van ’n geveg wat in die raadsaal tussen twee raadslede, mnr. Moses Titus van die DTA van Namibië en die burgemeester, mnr. Arnold Losper van die CoD, plaasgevind het, maar wat deur beide ontken is.

Die naweek het mnr. Losper egter van deuntjie verander en ’n klag van aanranding en dreigemente van aanranding teen sy mederaadslid, mnr. Titus, gelê. Nou… Dit is irrelevant wat die polisie-ondersoek na die onderonsie sou oplewer.

Die twee raadslede is aan verskeie oortredings skuldig en hulle behoort ernstig te oorweeg om hul poste te ontruim sodat hulle deur ander kandidate van hul onderskeie partye vervang kan word.

Minstens raadslid Losper van die CoD se geloofwaardigheid is ernstig onder verdenking met ’n aanvanklike ontkenning van ’n geveg, net om ure later van mening te verander en ’n klag by die polisie in te dien. In die verband is mnr. Moses Titus van die DTA van Namibië reg as hy sê dat daar nooit ’n geveg was nie, maar dit eerder ’n rondplukkery was.

Buitendien kan hy nou met hangende klagte teen hom nie erken dat daar enige fisieke optrede by die argument betrokke was nie. Beide is egter skuldig aan uiters onwaardige optrede in die hoogste raadsaal van hul betrokke gemeenskap en boonop oor ’n nietigheid soos die aanstelling van ’n personeellid.

Daar is baie meer ernstige aangeleenthede waaroor hulle driftig kon raak. Hulle kon mekaar te lyf gegaan het oor misdaad, werkloosheid en armoede en die gemeenskap sou meer vergewensgesind gewees het.

Dit is twee raadslede wie se politieke partye in koalisiegesprekke met die oog op later vanjaar se munisipale en streekverkiesings betrokke is. Hul optrede is nie net ’n openbare skande en onwaardige gedrag nie, maar plaas hul onderskeie partye in ’n onmoontlike posisie.

Duidelik dink hulle nie so nie en die polisie en land se howe moet nou besluit oor wie reg was oor gedrag wat op enige manier onaanvaarbaar is. Mnre. Losper en Titus behoort self te besluit wat hulle te doen staan, maar bedank sou ’n goeie en eerbare opsie gewees het.

Buitendien behoort die partye se onderskeie leierskappe onafhanklik van mekaar ondersoeke en optrede te oorweeg en nie saam met hul verteenwoordigers agter ’n polisie-ondersoek en hofbeslissing te skuil nie.

Leiers se gedrag word bepaal deur gewete en die belang van sy inwoners. Beide Losper en Titus het die toetse gefaal. Hulle is nie agbare lede nie. Nog minder menere. Losper en Titus moet hul eie eer red deur die eerbare ding te doen en te bedank.

Hul partye kan hulle daarna weer benoem vir hoër louere, want die lewe bestaan uit tweede en derde en selfs twintig kanse tot korreksie. Dit kan egter net gebruik word wanneer iemand insien dat hulle verkeerd was. In die geval was beide onwaardig en verkeerd.