|
Republikein
|
|
Vandag se koerant
Vandag se Spotprent Market indicators Bruidspaarkompetisie in volle swang Kollig 2 FebruarieDie Weer
Videonuus Finse universiteit skenk voertuie Videonuus Die onkruid waai op Nkurenkuru Videonuus Advertensie Kraakvars: Jou NSSCO-uitslae |
19.08.2010 StreeksgeleentheidNAMIBIëRS moet nie die Windhoek SADC jubileumberaad misverstaan en sodoende geleenthede deur hulle vingers laat glip nie. Dit was nie ’n Robert Mugabe- of Zimbabwe-grondhervormingsberaad nie.
President Pohamba is die nuwe voorsitter van SADC en die Minister van Handel en Nywerheid, dr. Hage Geingob, is die voorsitter van die Ministersraad en hulle het ’n Suider-Afrikaanse agenda om die doeltreffendheid van besluite te verbeter sodat die voordele na inwoners van SADC moet deursyfer. Dit is niks anders as wat die beleid en voorneme van die Namibiese regering in die laaste Pohamba-ampstermyn is nie. In kort, SADC het nie ’n nuwe beleid met Namibië se voorsitterskap nie, maar Namibië wil sy doelstellings en voorneme wat hy vir sy eie inwoners as riglyn stel, ook as standaard vir die streek hê. Dit is ook reg so, want Namibië kan opeenvolgende SADC-bestuursliggame en leiers verantwoordelik hou vir die standaard wat hy tydens sy ampstermyn gestel het en nie later ’n standaard van ander lande en leiers verwag wat Namibië self nie kon of wou handhaaf nie. Dit is buitendien kortsigtig om die SADC-beraad ’n Mugabe-beraad te maak, want nie president Mugabe of Zimbabwe kan belangriker wees as enige ander land in die streek nie. Madagaskar self is tydelik uit die liggaam geskors, maar omdat dit ’n groter eiland in die Indiese Oseaan ver van die vasteland is, is dit oënskynlik en verstaanbaar nie so belangrik as dit wat in ’n buurland van meer SADC-lande soos Zimbabwe aangaan nie. Die probleem is dat Madagaskar inwoners het en dat hulle groter slagoffers is van die demokratiese skaakmat as wat die inwoners van Zimbabwe nou is waar ’n regering van nasionale eenheid minstens die stukke probeer optel en eerstens die instrumente van die demokrasie en die hou van geloofwaardige verkiesings uit die as optel. Intussen begin ontwikkelingshulp stadig maar seker na Zimbabwe stroom om praktiese redes. Dit is ’n goed opgeleide bevolking en die natuurlike hulpbronne is van die beste in die streek en onder die heel bestes in Afrika. Geld en beleggings gaan waar die menslike en natuurlike hulpbronne is en die geld wat na Zimbabwe gaan, gaan nie Namibië toe kom nie. Eerstens omdat Namibië hom nie in ‘n staatkundige krisis bevind nie. En so tragies as wat dit mag klink word ’n stabiele demokrasie nie deur demokrate beloon nie, maar word wankelrige demokrasieë deur ryker demokrate ondersteun om meer demokraties stabiel te word. Dit is die koue feite. Namibië moet sy hulp en invloed gebruik om die regspleging in Zimbabwe te herstel op die gerespekteerde vlak waarop Namibiese regspleging as onaantasbaar onafhanklik respekteer word. Dan word belegging, ontwikkeling en inwonersvertroue gewaarborg en eerstens sal SADC se miljoene en uiteindelik ook die planeet se biljoene ’n tree vorentoe gee. Dit gaan nie gebeur as almal stilstaan en wag vir iets om met Robert Mugabe te gebeur nie. |