Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Bruidspaarkompetisie in volle swang


Sien fotos hier

Kollig 2 Februarie

Die Weer


Videonuus


Finse universiteit skenk voertuie

Videonuus


Die onkruid waai op Nkurenkuru

Videonuus


Landskapkuns

Advertensie

Kraakvars: Jou NSSCO-uitslae


Graad 12 Full time & Part time

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

10.03.2010

Regeer se reëls

NAMIBIËRS is duidelik vasgevang tussen die duiwel van swak administrasie en die diep blou see van verdeelde administrasie wat vererger word deur die oorgang van regering wat met die oog op die einde van die jaar se verkiesings veel langer kan duur as die normale tyd tussen verkiesingsuitslae en die inhuldiging van ’n nuwe regering.

Die politiek van faksie en verdeeldheid wat landwyd aan die gang is, is die soort van verdeeldheid wat ’n mens sou kon verwag tussen verskillende politieke partye, maar nie binne die Regering en die regerende party, Swapo, wat groter is as die partypolitieke verskille wat onderling bestaan nie. ’n Goeie voorbeeld van geen gesag is die kwessie van die omstrede Rehobothdorpsraad wat die een dag deur die party se politieke struktuur in die Hardap-streek weens beweerde wanadministrasie afgedank word en oor die naweek heraangestel word weens die partyhoofkwartier se interne reëls wat nie tot die letter uitgevoer is nie.

In waarskynlik die beste demonstrasie van ’n administratiewe en politieke leierskap in krisis, word die Rehoboth-afdankings vergelyk met die onwettige afdanking van Windhoek se Swapo-stadsraadslede verlede jaar en hul heraanstelling kort daarna. Die enigste ooreenkoms tussen die twee afsonderlike voorvalle is dat beide die diep verdeeldheid op alle vlakke van die party ontbloot.

In die geval van die Windhoekse stadsraad onder leiding van die burgemeester, mnr. Matthew Shikongo, was die afdanking ’n voorspringaksie vir die verlenging van die kontrak van die hoof uitvoerende beampte, mnr. Niilo Taaipopi.

Dit was ’n taktiese skuif om die heraanstelling van ’n getroue kameraad te verseker en die risiko uit te skakel dat daar moontlik ’n beter kandidaat vir sy pos sou kon aansoek doen indien dit geadverteer sou word. Op Rehoboth was die optrede weens skandalige slepende agterdog oor wanbestuur en misbruik van staatseiendom en hulpbronne wat reeds in die kiesafdeling vir Swapo op sy knieë gedwing het.

Die Rehoboth-optrede deur Swapo-strukture was gebore uit frustrasie met aanhoudende en dralende ondersoeke en die weiering of onvermoë van die dorpsbestuur om aanbevelings en vermanings uit die regeringsgesag te gehoorsaam.

Swapo se hoofkwartier wys tereg en bewonde- renswaardig daarop dat die korrekte partyvoorskrifte nie gevolg is nie en daarom dat die skorsing van die stadsraadslede nie geldig is nie. Dit is inderdaad prysenswaardig dat Swapo so gesteld op reëls is. Die probleem is dat niemand weet op watter reëls en wanneer hy daarop gesteld is nie.

Wat Namibiërs nou reeds weet, geld die gesteldheid op reëls nie alle reëls of almal nie.

In ’n absurde wending sit die hoof uitvoerende beampte van Stampriet reeds twee maande met volle salaris in haar pos nadat haar kontrak reeds twee maande gelede verstryk het en sy glo weier om haar kantoor te ontruim. In ’n moderne administrasie met hoë ideale van beter dienslewering, word oorweging deur ’n volle dorspraad geskenk aan die moontlikheid om deurslotte te vervang. Namibiërs het geen ander keuse as om die skrikwekkende moontlikheid te oorweeg dat Swapo se interne debat oor mnr. Pohamba se opvolger aangevuur word omdat daar reeds weens ’n gebrek aan optrede, ’n vakature in die hoogste gesagsliggame ervaar word.

Wat anders moet hulle glo as hul ervaring ’n gebrek aan beslissende optrede op alle vlakke is?