Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


7 Februarie 2012

Bruidspaarkompetisie in volle swang


Kollig 2 Februarie

Die Weer


Videonuus


Finse universiteit skenk voertuie

Videonuus


Damara Lewende Museum

Videonuus


Pa in stryd om kindertoesig

Advertensie

Kraakvars: Jou NSSCO-uitslae


Graad 12 Full time & Part time

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

31.08.2010

Pronkstuk

VAN ‘n nederige begin enkele jare gelede het die Ongwediva Handelskou gegroei tot die trots van die land. Skoutyd in die noorde maak Ongwediva dié plek om te wees en heelwat besoekers en uitstallers uit die binneland loop die skou vir niks in die wêreld mis nie.

Dit het die toonvenster nie net van die noorde van die land geword nie, maar ook vir uitstallers van regoor die land wat hul ware oppak om dit dié tyd van die jaar op Ongwediva ten toon te gaan stel. Die organiseerders van die Handelskou verdien voorwaar ‘n pluimpie vir wat hulle vermag het en vir die welslae wat die skou in ‘n relatief kort tyd behaal het.

Die skou het ‘n unieke eie atmosfeer wat geen ander skou in die land het nie. Vir ander Namibiese dorpe behoort die sukses wat op Ongwediva behaal is, ‘n aansporing te wees om die voorbeeld te volg en die kollig van die land vir ‘n paar dae op ‘n betrokke dorp te laat val.

Hentiesbaai met sy visfees, Tsumeb met sy koperfees en Lüderitz met sy kreeffees is nog voorbeelde van hoe die ekonomieë van kleiner dorpe gestimuleer kan word en die aansien van die dorp, met ‘n spesiale inisiatief verhoog kan word.

Heelwat kleiner plaaslike owerhede sukkel finansieel om die mas op te kom en koerante berig voortdurend oor swak dienslewering, watertekorte, elektrisiteitsprobleme, uitstaande skuld en groot begrotingstekorte van munisipaliteite.

Dit word boonop vererger deur politieke binnegevegte en persoonlike konflikte wat die beeld van veral sommige landelike dorpe skade berokken. Wat ‘n beter manier om op die positiewe te fokus en die plaaslike talent en inisiatief in die kollig te plaas as ‘n goed beplande handelskou met die een of ander tema.

Dit dien nie net as vertoonkas vir plaaslike bedrywighede nie, maar genereer ook ‘n goeie inkomste vir die uitstallers wat weer geld in die plaaslike ekonomie terugploeg. Boonop lok handelskoue, landbouskoue en temaskoue toeriste en besoekers wat nie normaalweg besoek aan hierdie plekke sou bring nie.

Gastehuise en hotelle bars uit hul nate, want besoekers van heinde en verre moet eet en slaap. Daar moet egter streng gewaak teen ‘n tendens dat skoue van die een of ander aard ‘n smousplek word vir goedkoop ingevoerde goedere, wat ‘n mens in elk geval op enige straathoek of by die Chinese inkoopsentrum kan koop. Dit doen afbreuk aan die inheemse aard van ons skoue.

Die moontlikhede vir skoue strek veel verder as net binnelandse bemarking. ‘n Entrepreneur kan moontlik aanstaande jaar met ‘n toerismepakket vir Suid-Afrikaners of selfs Europeërs vorendag kom om Namibië te besoek en ‘n unieke ervaring opdoen deur ‘n besoek aan die noorde en in die besonder aan die Ongwediva Handelskou te bring.

Die moontlikhede is eindeloos. Welgedaan aan die organiseerders van die Ongwediva Handelskou. Wat daar vermag is, is werklik ‘n navolgenswaardige voorbeeld waarop Namibië trots kan wees.