Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Bruidspaarkompetisie in volle swang


Sien fotos hier

Kollig 2 Februarie

Die Weer


Videonuus


Finse universiteit skenk voertuie

Videonuus


Die onkruid waai op Nkurenkuru

Videonuus


Landskapkuns

Advertensie

Kraakvars: Jou NSSCO-uitslae


Graad 12 Full time & Part time

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

11.03.2010

Presidensiële voorreg

DIT is nie verbasend dat in ’n groeiende demokratiese kultuur gespekuleer word oor die samestelling van die kabinet van die Staatshoof, Pres. Hifikepunye Pohamba, vir sy laaste termyn nie. Spekulasie is egter al wat dit kan wees. Namibiërs het nie gister onafhanklik geword nie en word nie op 21 Maart vir die eerste keer onafhanklik nie.

Baie het verander sedert 1990, maar nie die mag van presidente nie – van wie Namibië reeds ’n tweede in mnr. Pohamba het. Meeste van die oorwegings met die destydse samestelling van ’n regering geld nie meer vandag nie en die staatkundige atmosfeer verander jaarliks en nie net ná verkiesings nie.

Regerings ontsnap ook nie die eise van aanhoudende verandering nie en boonop is ervaring wat sekere ministers die afgelope 20 jaar opgedoen het, ’n magtige wapen van stabiliteit wat nie met enige kabinet uit die oog verloor mag word nie. Die stigterpresident, mnr. Sam Nujoma, het ’n bepaalde bestuurstyl gehad en sy kabinet was ’n kombinasie van partypolitieke prioriteit, persoonlike lojaliteit en politieke strategie.

Daar is vandag nog kabinetslede wat op die een of ander wyse die produk van dié styl was en dit kan net sowel erken word dat die kabinetsposte in baie gevalle ’n kragtige bestuurswerktuig in die hande van mnr. Nujoma was wat hy gebruik het om mense op hul tone te hou.

’n Gees van oorgerustheid is dus nie iets wat in die eerste jare van onafhanklikheid ’n kenmerk van regeringsaanstellings was nie. Mnr. Pohamba daarenteen het ’n meer besadigde en afwagtende houding ingeneem en het soms die indruk geskep dat hy eindelose geduld het. Politiek het sedert die 2004 Swapo-presidentsverkiesing aansienlik verander en in gevalle was verandering op regeringsvlak eerder ’n groter risiko vir groter verdeeldheid met politieke ampsdraers wat die faksieonmin op alle vlakke as politieke afpersing in die onderlinge stryd begin misbruik het.

Daar bestaan geen twyfel nie en dit is algemeen dat optrede teen wanbestuur en onbevoegdheid onderdruk of minstens deur die krisis van faksie vertraag is. Na 20 jaar is dit steeds mnr. Pohamba se besluit wie in sy kabinet sal dien, maar hy het ongelukkig net die 54 lede van Swapo in die parlement en met uitsondering ook lede van die Nasionale Raad waaruit ’n span saamgestel kan word.

Hy kan ook ses lede vir die Nasionale Vergadering aanstel, maar verder het hy nie veel beweegruimte nie, behalwe waar van sy leiers weens ’n verskeidenheid redes nie meer vir openbare diens beskikbaar is nie. Dit is egter onwaarskynlik dat mnr. Pohamba gewildheid van leiers op die afgelope Swapo-kieskollege, hul status in betrokke kiesafdelings en in baie gevalle ’n goeie rekord van administrasie en regering ter wille van nasionale belang kan ignoreer.

Nog minder kan hy die agterdog teen sekere leiers in sy veronderstelde binnekring, swak administrasie en algemene ontevredenheid oor prestasie in die wind slaan ten einde so min as moontlik te verander. Kortom.

Mnr. Pohamba sal die wysheid van Salomo en die moed van ’n leeu nodig hê om ’n regering te kan saamstel wat hom met sy presidensiële nalatenskap kan bystaan. In die verband is dit mnr. Pohamba wat self die verwagtinge van beter administrasie en dienslewering die afgelope jare hoog op sy agenda geplaas het en nou die geleentheid het om iets daadwerkliks daaraan te kan doen.

Mnr. Pohamba moet ook onderlinge wantroue aanspreek deur vertroue te herstel en dit is in die huidige politieke en staatkundige klimaat ’n reuse-uitdaging vir ’n partyleierskap wat openlik vyandig en onverdraagsaam is. Daar is ervaring in die Kabinet van die afgelope 20 jaar wat onontbeerlik is vir enige toekomstige regering en wat ook uiters noodsaaklik is om nuwe regeerders se selfvertroue met die oog op Visie 2030 te bou.

Dit is nie nodig om hulle by die naam uit te sonder nie, maar daar is vanselfsprekende lede van die Kabinet wat in enige ander regering in Suider-Afrika en Afrika opgeneem sal kan word. In die verband is daar ook ervaring en nasionale diens met inwonersgewildheid en algemene vertroue oor politieke grense soos drs. Nickey Iyambo, Richard Kamwi, Hage Geingob en Abraham Iyambo, asook mnre. John Mutorwa, Nangolo Mbumba, Nahas Angula, Alpheus !Naruseb en me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, terwyl daar dienende lede is wie se ministeries om ’n verskeidenheid redes meer beleër is, maar wat onteenseglik hoog op die politieke gewildheidsleer is, soos me. Pendukeni Iivula- Ithana, mnr. Jerry Ekandjo en genl. Charles Namoloh en mnr. Pohamba het die regte bestanddele om ’n regering van ervaring en jeug saam te stel. Dit is nie sy probleem nie.

Mnr. Pohamba se probleem is om met sy beskikbare bronne die eise en uitdagings van sy party, waarvan hy nog die president is, en die land waarvan hy nie net die Staatshoof is nie, maar ’n nasionale mandaat het, te konsolideer en boonop nuwe momentum vir sy opvolgers te gee.

Feite is: Mnr. Pohamba is die eerste produk van die Namibiese twee termyn beperking. Hy moet lei en nalaat. Alles anders oor kabinetsamestellings is spekulasie en het niks met die leierswerklikheid van die komende vyf jaar te make nie.