Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Kollig 4 September

Motor 29 Augustus

Ongwediva handelskou


Erongo 20 Augustus

Noorderlig 20 Augustus

Ons Argiewe

28.07.08

Vrou staan op uit doodsbed

08.08.08

Presidentseun in boeie

22.07.08

Bloed spat by rugby

30.07.08

Aanval ruk Grootfontein

15.08.08

'n Rokkie wou sy dra, maar o wee...

23.07.2008

Praat reguit

ELKE regdenkende Namibiër verwelkom die moontlikheid dat die dooiepunt in die onwettige staking van sowat 230 werkers van die Lev Leviev Diamond and Polishing Company (LLD) moontlik opgelos sal word. Namibiërs bevind hulle in moeilike tye en die afgedankte werkers wat nou in tente en op sypaadjies uitkamp, is nie in enige vorm ’n uitsondering nie.

Hulle was tot onlangs nog meer bevoorreg as die meeste jeugdiges om ’n werk te kan hê en daar is waarskynlik ’n paar duisend jeugdiges wat sal spring vir die geleentheid as hulle dit sou kry. Die probleem is in meeste gevalle blykbaar nie die lede van instellings, organisasies of partye nie, maar die verteenwoordigers van die belange.

In die geval van die Swapo Jeugliga laat Namibiërs hulle nie wysmaak dat die twee ongeleide politieke missiele, ene Eliah Ngurare en Clinton Swartbooi, verteenwoordigend van Swapo se jeug is nie. Hulle is waarskynlik nie eers verteenwoordigend van Swapo nie en die slepende verdeeldheid het hulle bevoordeel, en bevoordeel steeds leiers wat mekaar teen mekaar afspeel.

Dieselfde geld die gediskrediteerde sekretaris-generaal van Swapo se Mynwerkersunie, ene mnr. Joseph Hengari, wat nie verteenwoordigend van die land se mynwerkersmag is nie en met wie niemand in enige gesag mee wil saamwerk nie. In beide die gevalle – die mynwerkersunie en die Jeugliga – het lede van Swapo en die Regering gevra dat hulle deur ’n hoër gesag tot orde geroep word en nie deur politieke of werkersopposisie of ander belangegroepe nie.

Dit is die verdwene ego’s in die politieke woestyn van opportunisme en as sulks moet dit in ’n groeiende demokrasie verwerp word. Die NUNW se leierskap is ook nie politieke engeltjies nie, maar hulle het nou die regte ding gedoen om namens die stakers toe te tree wat deur die mynwerkersleierskap in die steek gelaat is.

Die NUNW en die MUN-leierskap moet nou soos die Jeugliga ook besin oor sy woordvoerders, want hulle verteenwoordig blykbaar ’n ander belang as ’n Namibiese, Swapo- of vakbondbelang. Politieke stiksieniges kan met ’n stok voel dat slepende verskille in leierskap deur dieselfde politieke opportuniste misbruik word om hulle op die politieke verhoog te hou omdat hulle elders nie die mas kan opkom nie.

Die probleem is nie die jeug of georganiseerde arbeid nie, maar verteenwoordigers van faksie- en eiebelang. Die tyd het in Namibië aangebreek dat oor verskillende kwessies met mekaar reguit gepraat word. Dit is nie organisasies nie, maar individue wat eers tot orde geroep moet word en as dit nie die gewenste uitwerking het nie, verwerp moet word. Namibië kan nie ’n enkele passasier met opportunistiese bagasie bekostig nie. Die land kan net vorentoe sonder meulstene!